Travel - Tips - Food - Observations

Wednesday, 27 August 2014

Klap ‘n trip deur Vietnam met bikes. Dis nie so moeilik nie. | Watkykjy

Klap ‘n trip deur Vietnam met bikes. Dis nie so moeilik nie. | Watkykjy:



'via Blog this'



Klap ‘n trip deur Vietnam met bikes. Dis nie so moeilik nie.

In Travel deur Watkykertjie bydraeOctober 29, 20136 Eiertjies
Watkykertjie, Albert Retief het besluit om ‘n onlangse trip wat hy en sy pa aangepak het deur Vietnam (op kak bikes) met ons te deel. Die bra het ‘n kief video ook aanmekaargesit en befokte foto’s geneem al langs die pad…

Los die groot bikes en fancy toerusting by die huis, want in Vietnam operate jy soos die locals. Ek en my pa (Paul Retief) het vir ons bikes gekoop in Hanoi. Ons het nie veel navorsing gedoen nie, maar het soortvan ‘n idee gehad van waarheen ons wou gaan. Ons het ‘n padkaart gekoop en net in die pad geval. Hoe die paaie sou lyk het ons nie mooi geweet nie, maar die mission was aan!
Father and Son Motorbike Trip in Northern Vietnam Blog
Nege dae en 1600 km later is ons terug in Hanoi na ‘n mal trip. Die bikes was kwaai en het nie veel probleme gegee nie. Paar welding jobs van goed wat los geskud het, maar niks serious nie. Ek het ‘n ou Minsk van die Ukraine gery en Paul ‘n local Sufat. Die goed wat mens op bikes kan laai in Vietnam is mindblowing. Hulle laai alles van varke tot bome op bikes en scooters en cruise dan stadig oor die bergpasse. Ons het menigde berge oorgesteek en klomp verlate agterpaaie verken. Die polisie het ons ook afgetrek vir ‘speeding’ en met my driver’s licence wat lankal verval het, het ons die bribe onderhandel om dit net terug te maak in Hanoi.
Getting Fuel In Northern Vietnam Minsk Blog
Hang Bridge Motorbike Ride In Northern Vietnam Minsk Blog
Buite Hanoi is die paaie rof met trokke en potholes dat dit regtig soos ‘n video game voel en daar was tye wat jy twee trokke overtake terwyl nog een van voor af kom  met honde wat oor die pad hardloop. Die Vietnamese like ook van hond eet en ons het gereeld gebraaide hond encounter, maar nooit geproe nie. Die kos was luuks en ons het saam met die locals gekuier en ‘n paar lang biere geniet langs die pad. Met handgebare en op papier teken het ons ook uitgefigure dat daar nie ‘n pad anderkant Ba Be lake was nie en dat ons die bikes weer op ‘n klein boot moes laai om verder langs die rivier af te vaar.
Albert Retief Minsk Crossing Lake Ba Be Portrait Blog
Workers Carry Load Rice Paddies Vietnam Blog
Vietnamese Kid With a Snake Near Sapa Blog
Fotografie was ‘n groot deel van die trip en ek het daarop gefokus om die trip akkuraat te probeer capture. Terug in Hanoi het dit geloop met bier teen R3 ‘n glas en goeie rede om die mission te celebrate.
Dis regtig nie ‘n moeilike of gekompliseerde trip nie. Jy kort net geduld en ‘n positive attitude, ‘n paar Vietnamese Dong (local currency) en ‘n local bike…
Hier is ‘n video van so net onder die drie minute wat hopelik die hele vibe van die trip capture, en onder dit is daar nog so honderd foto’s in ‘n slideshow om die storie te vertel.
Foto’s:

0 comments :

Post a Comment

Thank you for taking the time to comment. Your opinion is important and of value and we appreciate the positive feedback! If you are "Negative Nancy" then please do us, and humanity, a favor and piss off.

Total Pageviews

Google+ Followers

Pages

Blog Archive

Popular Posts

Recent Comments

Rays Twitter feed

Ads

Web sites come and go and information is lost and therefore some pages are archived. @rayd123. Powered by Blogger.

Search This Blog

Labels

About Me

My photo

I have traveled far and wide and lived in South Africa, the UK and Malaysia. 

I am a technical person that never forgets anything. Recalling it at the right time though is a struggle.

I have always worked with IBM technologies and worked for them for many years. I now do my best to migrate people away from IBM technologies.

  

Whale Watching Season in Hermanus | Best Spots & Time of Year to See Whales in South Africa Western Cape June to December

Have a Whale of a Time in Hermanus Watch the world’s gentle giants of the deep frolic in waters of Walker Bay Last Update 10 July 2017 Wedg...

Recent Comments

Google+ Followers